Follow us @ Twitter & Facebook

Die Antwoord News

Zeflings News archive

Interview Die Antwoord by Beeld.com (African)

11.05.2010

 

Drie maande nadat die wêreld hulle ontdek het, het die Kaapse groep Die Antwoord by ’n musiekfees in die woestyn in Kalifornië opgetree en ’n internasionale CD-kontrak losgeslaan. Theunis Engelbrecht het gaan uitvind wat alles gebeur het. 

‘Dis mal soos ’n skull, my blaar!” sê Ninja van Die Antwoord. “Daai outjies in Stellenbosch se energy gisteraand was soos ’n machine gun – ra-tat-tat-tat-tat!” Hy slaan die ritme daarvan met sy plathand op sy vuis. “Ek is nou nog ’n bietjie trippy daarvan.”

Die konsert in Stellenbosch het verlede naweek plaasgevind, twee weke nadat Die Antwoord middel April by die internasionale Coachella-musiekfees in Kalifornië opgetree het.

Ninja fluit deur sy tande. “Sjjjwoeeei, ek kan vir jou stories vertel van Amerika, my blaar...” en hy val weg met ’n verhaal oor wat alles gebeur by die vermaakbedryf se partytjies in Palm Springs, Los Angeles.

“Ons het ons soms amper doodgelag,” vertel Yo-landi Vi$$er, die ander helfte van Die Antwoord. “Hulle het gedink ons is weird, maar dit was ook duidelik dat hulle die heeltyd probeer het om ons te laat dink hulle is cool.” 

Ninja noem die name van bekende akteurs wat lief is daarvoor om by elke partytjie kaal te swem, en op die een paartie in Palm Springs waar hulle was het ’n seksbom-modeldogter van ’n ryk magnaat coke gesnuif in die badkamer en ’n bekende rapper een of ander main konyn se vrou in een van die kamers bygekom dat die biesies bewe. 

En dit terwyl main konyn ook op die terrein is... (Om fatsoenlikheidsredes weerhou By die name van die betrokkenes.)

Die afgelope drie maande was ’n rollercoaster vir Die Antwoord. Coachella was nie kinderspeletjies nie. Van die ander kunstenaars wat daar opgetree het, was The Specials, Faith No More, Pavement, Vampire Weekend, Jay-Z en Beyoncé.

“F*k, dit was something else,” vertel Ninja. “Hulle is ryk daar, my blaar! Daar was 75 000 mense en die kaartjies het $400 gekos. Ons het vir hulle gesê ons sal enige tyd vir die hekgeld speel, toe sê hulle nee, ons kan net ’n cut kry. En hulle het ons verniet soontoe gevlieg, business class.”


Het hulle in enige bekendes vasgeloop by Coachella? Was daar dieselfde soort avonture as in Palm Springs?”

“Nee, dit was eintlik baie boring, ons het die heeltyd in ons trailer gesit terwyl ons gewag het om te speel,” vertel Yo-landi.

“En toe ons op stage gaan, was dit wow, daar is so baie mense! Dié van hulle wat nog nie ons musiek geken het nie, het eers gedink ons is mal, maar ná die show het dit gelyk of hulle dit toe ook gelaaik het.”

Ninja vertel: “Ná die show het almal na ons trailer gekom en hulle wou net die heeltyd ’n klomp kak praat. 

“Almal wou my net drukkies gee en hulle praat net van ‘Daai Êntwuurd’. Dan sê ek ‘no, it’s actually DIE and not DAAI en ‘ant’ like in ‘c***’, and not like in ‘ant’. But they just don’t get it, my blaar. Hulle kan dit nie reg sê nie. Ek moes toe my lawyer vra om die mense maar liewer van ons trailer weg te hou.” 

(Sommige Engelse mense dink ook as Ninja rap “Don’t ask for k*k cause you’ll get what you ask for” sê hy “Don’t ask for cock cause you’ll get what you ask for”...)

Ons ontmoet Ninja en Yo-landi by Sins of Style, ’n tatoeëersalon in die Kaapse middestad waar Ninja ’n tatoeëermerk gaan kry: $0$, op sy rug, om die platekontrak te vier wat Die Antwoord by die internasionale musiekmaatskappy Interscope Records gekry het.

Interscope is nie sommer ’n hierjy-platemaatskappytjie nie – hulle gee ook kunstenaars soos onder andere Lady Gaga, Sting, U2, The Black Eyed Peas en Sheryl Crow se CD’s uit.

Dis Saterdagmiddag eenuur, nadat Die Antwoord die vorige aand laat in die Klein Libertas- teater in Stellenbosch opgetree het. Dit lyk nie of Ninja en Yo-landi moeg of uitgerafel is nie, ondanks die rat-tat-tat-tat-tat-energie van die vorige aand.

“Sins of Style is ’n f****n cool plek,” val Ninja met die deur in die huis, “want hulle gebruik Issey Miyake-toiletspray in hul toilette.”

Iemand lag en dink Ninja praat snert. Hy vra die baas van Sins of Style of dit die waarheid is, en hy antwoord bevestigend. “Sien jy!” sê Ninja. “Hierdie plek is baie next level, my blaar.” 

Terwyl die tatoeëer-kunstenaar $0$ op sy rug begin uitkerf, vertel Ninja Die Antwoord se langverwagte debuut-CD kom uiteindelik oor sewe weke uit.

Van die groep se Facebook-aanhangers het al baie desperaat geword oor die uitgestelde uitreiking van die album en meer as een het gekla dat hulle hul voete al gaar geloop het soos hulle daarna gesoek het in CD-winkels. (Dis nou dié mense wat nie geweet het Die Antwoord se musiek kon tot onlangs toe gratis op die internet afgelaai word nie.)

Die geduld oor $0$ sal in Julie beloon word, beloof Ninja. ’n Mens kan darem nie oornag ’n kontrak met ’n internasionale maatskappy sluit en dan dadelik ’n CD uitgee nie. Dit verg fyn voetwerk.

Nadat die internet vroeg in Februarie berserk gegaan het oor Enter the Ninja en Zefside, moes Ninja en Yo-landi al twee keer Los Angeles toe vlieg, een keer New York toe en een keer Amsterdam toe om alles uit te sorteer. Maar nou is die kontrak gesluit en kan die wiele begin rol. 

Tydens die onderhandelings het Ninja en Yo-landi dit duidelik gestel dat Die Antwoord net ’n kontrak sal sluit met ’n maatskappy wat vir hulle algehele kreatiewe onafhanklikheid waarborg, anders stel hulle nie belang nie. Daar was maatskappye wat dit nie wou aanvaar nie, maar toe beland Die Antwoord by Interscope. 

“Ons hou van Interscope want hulle is edgy,” sê Ninja. “Ons hou van hulle, want hulle maak Dr Dré en Eminem en Snoop Dogg en Marilyn Manson en Nine Inch Nails se CD’s. En aan die besigheidskant behandel hulle ons met respek. 

“Ons moes drie ekstra songs vir die $0$ opneem – ‘She Makes me a Killer’, ‘Close To Me’ en ‘Fokof’ (’n onvolwasse liedjie). Almal in die overseas wil nou ook weet wat al die Afrikaanse woorde in ons songs beteken, nou moet ek al die lyrics uitskryf en vertaal, want al die lyrics en translations moet nou ook in die CD-booklet gaan, en ek doen dit alles met die hand, so dit vat ook tyd.” 

Yo-landi vertel verder terwyl $0$ vorm aanneem op Ninja se rug. “Daar gaan ook ’n limited edition van 5 000 eksemplare wees met ’n boekie met foto’s van die fotograaf Roger Ballen wat nog nooit voorheen gesien is nie.”

(Ballen, ’n internasionaal bekroonde fotograaf, se bekendste boeke is Dorps: Small Towns of South Africa, Platteland: Images from Rural South Africa, Shadow Chamber en Outland.) 

Mense wat nie eksemplare van die limited edition in die hande kan kry nie, hoef nie afgeskeep te voel nie, sê Yo-landi, “want $0$ gaan ook so ’n lekker zef semi-nude pin-up poster van my bevat, so lekker skommie in ’n 1950’s-style”.

Hoe ervaar sy Die Antwoord se skielike opgang?

“Met ons vorige projekte het ons altyd gedink ons is mal mense wat eers goed gaan doen as ons eendag dood is. Maar nou voel dit skielik net so reg en normaal, asof dit is hoe dit moet wees. Voorheen het dit altyd so mental gevoel.” 

Ninja sê: “En nou is daar uiteindelik budget. Ons kan video’s en short movies maak en musiek opneem en aangaan. Ons wil die heeltyd besig wees.”

Dat hulle besig gaan wees, is duidelik. 

“In Julie moet ons weer in Los Angeles speel, dié keer by HARDfest,” sê Ninja. 

“Dan moet ons terugvlieg Suid-Afrika toe, want ons moet by een of ander World Cup-ding optree.” (Hy weet nog nie wat die besonderhede van dié optrede is nie, want hul agent in Los Angeles het die bespreking gedoen.) 

“Daarna moet ons gaan optree in Rusland, Japan, Australië, dan weer terug Amerika toe – dié keer vir ’n headline toer met busse en shit, van Los Angeles af deur al die states New York toe. Daarna is dit die UK en die East Bloc, Noorweë, Pole, die Pukkelpop-fees in België, Frankryk.”

En in Junie kom daar ’n gróót toer deur Suid-Afrika, beloof hy. 

Mense is geneig om aan Die Antwoord te dink as net ’n musiekgroep, maar hulle is ook visuele kunstenaars wat lief is daarvoor om met video’s en kortfilms te werk. Tussendeur al die optredes wil hulle nog ’n kortfilm, Evil Boy, voltooi.

Voor dit moet hulle ’n musiekvideo vir hul liedjie “Rich Bitch” maak vir Amerikaanse – en dan ook wêreldwye – TV. “Vir dié video gaan ons visuals gebruik wat ons in Brixton, Boksburg en op die Hollywood Boulevard geskiet het,” vertel Ninja.

Volgende jaar moet Die Antwoord se tweede CD, Ten$ion, uitgereik word. “Die meeste van die werk daaraan is klaar, die lyrics en die hooks, ons moet dit nog net uit-flesh,” vertel Ninja.

“Ten$ion gaan anders wees as $0$. Ek het intussen begin saamwerk met ’n ou wat classical composition doen soos Mozart-shit en Hooked on Classics Vol. 3. Dan gooi DJ Hi-Tek sulke fat gangsta beats daarby.

“Dis epic futuristic. Ons gebruik ook ’n koor van Pollsmoor en ’n kinderkoor. Dan maak ons noise deur synthesizers daarby te gooi. For when the future used to be cool. The future is now, and it’s horrible, let’s make it cool again.”

Yo-landi tjip in: “Moenie sulke serious goed praat nie, Ninja. Praat fun goed.”

“Maar jy weet mos ek is se rious!” antwoord hy. “Just relax, okay. I am a serious guy.”

En hy sit die verhaal oor Ten$ion voort. “Die $0$-album se energy is meer punk, soos in kick down your door and kick in your front teeth. Ten$ion is baie meer emosioneel, baie meer gevaarlik. Dit is ook meer berekend, maar terselfdertyd ook meer spontaan. Een meer fuck you. Ons glo soos Barney sharing is caring.

“$0$ was vir Suid-Afrika bedoel, maar toe het dit nou so gebeur dat die hele wêreld dit toevallig ontdek het en daarvan hou. En nou, met Ten$ion, wil ons generous wees vir die hele wêreld.”

Yo-landi Vi$$er het gespreek, en dus is dit nou tyd om ’n bietjie meer oor die fun goed te praat. Soos hulle eerste TV-onderhoud in Amerika.

Sedert die Coachella-fees het meer as 50 000 mense al op YouTube gekyk na Die Antwoord se onderhoud met Xeni Jardin van boingboing.net in die Coachella Oasis op die landgoed van ’n polomagnaat in die woestyn in Suid-Kalifornië nadat hulle daar opgetree het. 

Mense dink nou hulle het haar opgestuur, maar dis nie die waarheid nie, verseker Ninja. “Ons was maar net onsself.” Daarin sê hy die Amerikaners by hul optrede daar was soos die “CG crowd in the battle scene in Lord of the Rings”.

Yo-landi vertel toe sy aan die einde van hulle show vir hulle skree “F** julle n****** het hulle haar ge-cheer en glad nie verstaan wat sy bedoel nie, obviously omdat hulle nie Afrikaans verstaan nie. (“In South Africa that means something very naughty,” sê Vi$$er vir Jardin.) 

In die onderhoud beskryf Jardin die reaksie van die Amerikaanse feesgangers wat Die Antwoord die eerste keer in aksie gesien het só: “It’s like there’s this horror, there’s this shock! But they can’t look away and they can’t stop listening.”

Op ’n vraag van Jardin hoe dit vir Ninja en Yo-landi voel om vir die eerste keer in Amerika te wees – want dis darem nie Suid-Afrika nie, voeg sy by – antwoord Yo-landi: “We don’t know what the f*** is going on, we’re just going with it.”

Dan wil Ninja eers vir Jardin hulle gunsteling nuwe zef-woord leer wat haar dalk sal laat verstaan hoe hulle voel. Sy blyk baie gretig te wees om sulke woorde te leer, en Ninja moet weer taalonderwyser speel. 

Hy sê: “Vuilgeboost!” 

Jardin sê, stadig: “Fhuil-gha-boest.” 

Ninja: “Vuil is like dirty, you know, like gross, but it also means cool at the same time. And geboost is like sjjjwoesjjj” – en hy klap sy vinger soos ’n sweep – “like a turbobooster. So for us now vuilgeboost is the most ultimate word.” 

Op Die Antwoord se Facebook-muur het mense al bekommerd navraag gedoen oor DJ Hi-Tek en hoekom hy nie saam met Die Antwoord optree nie, het hy weer verdwyn? 

Daar was hoeka vroeër vanjaar ’n ligte paniek toe DJ Hi-Tek spoorloos verdwyn het toe hy na bewering saam met ’n vriendin op ’n ses dae lange amoreuse uitstappie gegaan het. 

Nee, maan Ninja tot kalmte. “DJ Hi-Tek het nie weer verdwyn nie, just relax, okay?” Hy is bang om te vlieg en verseg dus om op ’n vliegtuig te klim, en hy is ook skamerig en hou nie van die kollig en aandag nie.

As Die Antwoord oorsee moet optree of as DJ Hi-Tek nie lus is om in die openbaar te verskyn nie, word sy plek ingeneem deur die producer en spinner Justin de Nobrega. Dan kan DJ Hi-Tek rustig by die huis bly en “nuwe next level shit fat beats op sy PC computer maak”, soos daar in die Zefside- video gesê word.

DJ Hi-Tek was darem wel verlede week uiteindelik in lewende lywe by Die Antwoord se optrede in Stellenbosch, tot groot vreugde van die gehoor.

Yo-landi por Ninja aan om te vertel van nog een van die “fun goed” in Los Angeles. 

 

“Which one?” vra hy haar. “Man, daai een van wat buite die wax museum gebeur het! Vertel hom!” 

“Buite die wax museum het hulle ouens wat die heeldag daar moet rondstaan in Superman- en Batman- en Spider Man-costumes. Hulle praat nooit nie, hulle staan net daar en pose. En die tourists is die heeltyd oor hulle en vat net pictures en gaan te kere.

“En ek gaan staan toe by Spiderman en praat niks met hom nie en kyk hom net so in die oë. En hy kry skielik lewe en sê: ‘Ninja!’ en ek tune hom toe: ‘Ja, my blaar’, en hy sê net: ‘No way!’?”

Dit vat ure om $0$ op Ninja se rug te tatoeëer en die ra-tat-tat-tat-energie van Stellenbosch die vorige aand begin Yo-landi oorval. 

Voordat sy aan die slaap raak op die bank in Sins of Style se ontvangsgebied, sê sy: “Ek sal nooit in Amerika wil bly nie. Suid-Afrika is die beste. Ek wil hier bly, want ons kry al ons creative energy van hier. Dis te pumped up in Amerika. Dis baie f****d up hier, maar dis ook baie lekker hier.”

Almal moet asseblief ook net relax oor Die Antwoord se “interweb-blad”, maan Ninja vir oulaas tot kalmte. Hy weet dit is lank laas bygewerk, “maar dit het die laaste drie maande hectic gegaan, my blaar, mal soos ’n skull. Maar nou kan ons weer werk.”

(Inligting oor $0$ asook ’n kort video van hoe Ninja sy tatoe kry kan nou by dieantwoordcom gesien word, asook ’n comic met die titel Zef Zef Zef.)


As ’n mens Die Antwoord google op die internet, kom jy op baie insiggewende goed af. 

Soos die keer toe Ninja gevra is: “What would you say the purpose of making art is?” 

En sy antwoord: “To keep my mood nice, and to share this mood with other people.”

Dalk is dit nie om dowe neute dat daar PRETTY WISE in donkerblou ink op sy adamsappel pryk nie.

by Theunis Engelbrecht, beeld.com source
All images are copyrighted by their respective copyright owners.

 

Bookmark and Share

Hey you, zefling, leave your message!

Your name:
Your email (not published):
101 plus 23 =

Zeflings comments

Danki danki
Keess speess @ 11.05.2010 @ 14:13
Nice azzzzz
Yelli p @ 12.05.2010 @ 11:18
FINALLY, DJ-HI TEKKKK!!!!! Keep it smokin homezzzzzz, up in smoke!
uri @ 12.05.2010 @ 11:22
Much luv julle naaiers!!!
Eddy @ 12.05.2010 @ 11:28
pretty fokken wise trash 4 life indeed my blare :P
Fuchers @ 12.05.2010 @ 11:31
GO Dj hi-tekkkkk!!!!
I dont need you @ 12.05.2010 @ 13:01
rest in peace to the passengers of the Afriqiyah Airways flight from Johannesburg South Africa that crashed today...very very sad story. Much of love and luck wished to the relatives :(
RIP @ 12.05.2010 @ 13:07
DIe zefste shizzle evah, keep it up
hay @ 12.05.2010 @ 15:34
very sad thing is that i cant read african :(
Vincent @ 12.05.2010 @ 15:40
Ho$h julle fokken ma se poes naaiers
zefling supreme @ 13.05.2010 @ 10:08